George Straat 2 , Leeudoringstad | | +27 18 581 2180 | | info@taumeule.co.za

Tau Meule en Veevoere is trots om aan te kondig dat na ‘n lang en in diepte studie ‘n sojaboon verwerkingsaanleg by die bestaande veevoer vervaardigingsaanleg  gevoeg sal word. Die aanleg sal Tau Veevoere instaat stel om sy eie volvet sojakoek en sojameel te vervaardig. Deel van die aanleg sal sojameel verder prosesseer om deurvloei (Bypass) sojameel te lewer wat uiters gesog is om melkproduksie sowel as weefsel sintese te verhoog.

Konstruksie van komponente van die aanleg het reeds in aanvang geneem en die aanleg sal na verwagting in die tweede kwartaal van 2021 met produksie begin.

No Comment

Comments are closed.