George Straat 2 , Leeudoringstad | | +27 18 581 2180 | | info@taumeule.co.za

Wie is ons

TAU Meule is ‘n privaat maatskappy in besit en onder bestuur van die Viljoen familie van Leeudoringstad.  Die meule beskik oor ‘n moderne aanleg wat mieliemeel van hoogstaande kwaliteit produseer met ‘n kapasiteit van ongeveer 34.5 ton per uur.

Die veevoer fabriek vervaardig ‘n wye reeks veevoere en benut die hominy chop wat as neweproduk van die maalproses ontstaan. Hierdie fabriek beskik oor ‘n gerekenariseerde kontrole stelsel wat verseker dat ons voere aan die vereiste gehalte staandaarde voldoen.

Tydens 2018 is begin met die oprigting van ‘n hondepille aanleg. Die aanleg is gedurende Januarie 2020 voltooi en is daar met produksie begin. Die aanleg het tans ‘n kapasiteit van 700 kg per uur.

TAU meule beskik oor ‘n netwerk van 31 handelstakke wat hoofsaaklik geleë is in die Noordwes, Noordkaap en Vrystaat. Ons meel en veevoere se bemarking geskied deur ons handelstakke wat beskik oor opgeleide personeel om in ons klante se behoeftes te kan voldoen. Area bemarkers en tegniese adviseers is ook beskikbaar om te help met kliënte se navrae.

As ‘n addisionele bemarkingskanaal word meel ook aan verskeie groothandelaars gelewer  reg oor Suid-Afrika.

TAU Meule het sy eie vloot voertuie wat die verspeiding van ons produkte behartig. Dit bestaan uit vragmotors met ‘n 32 ton laai kapasiteit wat verspreiding vanaf die fabriek hanteer asook kleiner vragmotors vir verspreiding van produkte by ons handelstakke.

Die personeelkorps bestaan uit ongeveer  600 goed opgeleide en gemotiveerde  personeellede om te sorg dat al die daaglikse aktiwiteite glad verloop.

Meel Aanleg

Veevoer Aanleg

Hondepille Aanleg