Lamkruip “Mass” Meester

VOERAANBEVELINGS Hierdie is ‘n lam kruipvoer. Voer ad lib aan lammers vanaf 1 week of tot 2 weke na speen. Skakel daarna oor na Tau Skoumeester Skaap en Boerbokpille of as alternatief Tau Skaap Afrondpille tot markgereedheid. Maak gebruik van kruipvoerbakke. INHOUD VERKLARING Graanprodukte, ruvoer produkte, verwerkte graan produkte, plant proteienprodukte, molasse, dierlike proteienprodukte, minerale & vitamiene.
Skaap/Lam groei konsentraat

VOERAANBEVELINGS Lam Afrond is ‘n voerkraalrantsoen vir die afrond van lammers na speen en volwasse skape voor slagting. Aanpassing is belangrik. Voorsien addisionele ruvoer gedurende die eerste twee weke in voerkraal. Daarna voer ad lib teen 4,5% van liggaamsmassa in twee gedeeltes daagliks om sodoende lammers binne 50 tot 60 dae mark gereed le kry. […]
Ooirantsoen

VOERAANBEVELINGS ‘n Aanvulling vir skaap- en bokooie met lammers in lamhokkies of op weiding. Voer altyd kwaliteit ruvoer spesiaal tydens die eerste week vir aanpassing. Vir skaapooie, voer ten minste 500g/ooi/dag die laaste 4 weke van dragtigheid vir bevordering van fetusgroei en stimulering van melk produksie. Vir Boerbokooie, mid-dragtig tot lam, voer 200 – 300g/ooi/dag as byvoeding vir weiding of hooi. Na lam […]
Skou meester – Skaap & Bokpille

VOERAANBEVELINGS Vir die groei en afrond van skape en bokke. Bevat kwaliteit verbyvloeiprote”ien wat teen beperkte aanvulling (1% van liggaamsmassa) groen weiding uitstekend komplimenteer. Kan as volledige voerkraal voedsel vir jong diere gebruik word voor slag. Vul ruvoer aan gedurende 14 dae aanpassingsperiode. Kan ook gebruik word om (bok sowel as skaap) ramme dekgereed te kry […]
Skaapafrond pille/meel

VOERAANBEVELINGS Skaap Afrond is ‘n voerkraalrantsoen vir die afrond van lammers na speen en volwasse skape voor slag. Aanpassing is belangrik. Verskaf addisionele ruvoer gedurende die eerste twee weke in voerkraal. Daarna voer ad lib teen 4% van liggaamsmassa in twee gedeeltes daagliks om sodoende lammers binne 50 – 60 dae na speen mark gereed te kry. Pas […]